PIERRE DE WET SE PORTAAL

 

www.boompies.com is 'n web domain wat ek oorspronklik gebruik het om ons webblad te ontwikkel om ons gastehuis, Boompies Selfsorg Gastehuis,te bemark. Hierdie gastehuis bestaan egter nie meer nie en ek gebruik nou hierdie webblad om my herinneringe van my lewe te publiseer as 'n joernaal, "My Reise na Gister". Die eerste van twee dele is reeds in Januarie 2018 voltooi.

Hierdie joernaal gaan waarskynlik nie in gedrukte vorm gepubliseer word nie.   Daarom plaas ek dit op my webwerf by www.boompies.com vir enige iemand wat belangstel om dit te lees op ín tablet, slimfoon of skootrekenaar met 'n Internetverbinding. Omdat die dokumente in .pdf formaat is, moet die Adobe Acrobat Reader applikasie, of 'n ander app wat .pdf dokumente kan lees op jou elektroniese apparaat waarmee jy hierdie dokumente wil lees, gelaai wees, indien jou bladleser nie reeds .pdf dokumente ondersteun nie.

Klik op, of raak aan MY REISE NA GISTER om die voorblad te sien en dan weer onderaan op INHOUDSOPGAWE, om verder te gaan.

 

Om te sien hoe ons webblad gelyk het tydens die tyd toe ons die gastehuis bedryf het, kan jy op BOOMPIES SELFSORG GASTEHUISklikof raak.

 

PIERRE DE WET